Upcoming Events
Potjiedag Kompetisie
Is jy ‘n potjiekos koning? Kuier saam met ons Saterdag, 14 September en bring jou beste resep! Groot pryse is op die spel – maak seker jy en jou spanmaats is gereed.
Kostes beloop R500 per span, vleis ingesluit. Bring jou eie droë bestanddele, pot en gazebo saam. Elke span se potjie moet 10 mense kan voer. Pryse kan gewen word vir die beste algehele potjie, beste potjie van elke kategorie en spangees. Waarvoor wag julle? Kry julle spanne bymekaar. Trek die resepte nader. Vryf die potte blink en laat die pot-prut begin!
We look forward seeing you there!
Important Information
- When: Saterdag, 14 September 2019
- Contact: 071 608 8775, 083 954 3003 or [email protected] for more information
14 Septemeber 2019



Latest News

NWU Bergfietswedren ‘n groot sukses!
Die Potch-Tlokwe Sakekamer, tesame met die Noordwes Universiteit as vennoot, het op 4 Mei 2019 hul eerste nasionale bergfietswedren gehou. Die stof het behoorlik tussen die fietsryers op die 15km, 45km en 95km roetes gewaai. Die adrenalien het gepomp soos die fietsryers gekompeteer het om weg te stap met pryse wat ter waarde van R50 000-00 was. Natuurlik, was die roete so gevul met Potchefstroom se natuurskoon dat die fietsryers nie uitgepraat kon raak daaroor nie. Die roete het iets van alles bevat- van draaie en swaaie, modder en klippe tot koppies en klowe. Dit was baie, baie lekker! “Ek bly in Potch en het nog nie sulke lekker paadjes gery nie. Daar was baie mooi stukkies, maar dit was taai ook! Ek het nie geweet Potch het so baie klimme nie. Hierdie was my eerste, maar verseker nie my laaste keer nie,” sê Danielle Strydom (die 95km wenner van die senior vroue).

Second Life Goods Store Opedag
Second Life Goods Store open sy deure vir die publiek! Op 29 Maart het die Second Life Goods Store se opening al die strategiese vennote, die gemeenskap en borge laat gons. Die saadjie van die Second Life Goods Store is deur die Potch-Tlokwe Sakekamer, kerke en besighede in die gemeenskap geplant en het ontwik-kel tot ’n volwaardige besigheid wat op 1 April in die Gerrit Worstsaal, 79 Beyers Naude Straat sy deure aan die publiek geopen het.

Skattejag 2018
Dankie aan al ons Skatkiste vir julle ondersteuning en deelname. Die dag was ‘n groot sukses en die Skattejagters het die dag geniet. Die besighede was voorwaar treffend en verwelkomend!

Karoo to Coast
Karoo to Coast was nie net Bloedsweet en Uithou vermoë nie, maar sommer baie pret. Nie een van ons ryers het in ‘n boom opgeland nie………… en almal die wenpaal gehaal. Baie geluk

Sakekamer vra ondersteuning vir Aardklop
Quick Links
